On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

LUR loof Noord-Kaap polisie vir optrede teen stropers

───   10:33 Sat, 22 May 2021

LUR loof Noord-Kaap polisie vir optrede teen stropers | News Article
Foto: Getty Images

Die Noord-Kaapse LUR vir Landbou, Omgewingsake, Grondhervorming en Landelike ontwikkeling, Mase Manopole, het die polisie geloof vir die suksesse wat behaal is in die bekamping van die stroop van bedreidge plante en diere in die provinsie.

Manopole sê stropers floreer in die provinsie omdat markte geskep is vir die handel in bedreigde spesies, en dat die polisie se optrede 'n massiewe rol teen onwettige handel speel.

Sy voeg by die fokus van haar Departement is bewusmaking in veral die onwettige handel in ietermago-skubbe asook Namakwa- en Kalahari-plantspesies.

Manopole sê die Kalahari Wildlife Project sal fokus op die rehabilitasie en beskerming van ietermago’s in die natuur, terwyl gesamentlike pogings aangewend gaan word om dit teen stropers te beskerm.

Die polisie het reeds talle verdagtes in hegtenis geneem en suksesvol vervolg. Woordvoerder vir die Departement, Zandisile Luphahla, sê inwoners se rol in die bewaring van die natuur speel 'n belangrike rol.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.