Central SA
#CoronavirusSA: Vakbond vra dat skole sluit─── 08:20 Sun, 23 May 2021
Die Suid-Afrikaanse Onderwysersvakbond vra dat skole gesluit word te midde van ‘n toename in koronavirus-infeksies onder leerlinge en onderwysers.
Die vakbond sê weens die feit dat daar ‘n derde vlaag infeksies in Gauteng en die Vrystaat ervaar word, sal dit binnekort na die res van die land uitbrei.
Hulle voer aan dat skole ‘n sentrale punt is vir die oplewing van die virus, omdat veiligheidsmaatreëls nie gevolg word nie.
Die vakbond sê die regering het versuim om voldoende persoonlike beskermende toerusting aan hul lede te verskaf.
Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga sê intussen die Covid 19 pandemie het vernietigende gevolge op die onderwyssektor gehad.
Sy het tydens haar departement se begrotingsdebat gesê buiten leertyd wat verlore gegaan het, is die departement se begroting ook ingekort. Volgens die minister is net minder as 1 700 onderwysers weens Covid-19 dood.
Die Noord-Kaapse LUR vir onderwys, die supetintendent-generaal van onderwys in die Oos-Kaap, en die president van die onderwysvakbond NATU is ook weens die virus dood.
OFM-nuus/Roderick Titus
