Central SA
Nehawu wil verder in NK onderhandel─── 08:39 Thu, 27 May 2021
Die vakbond Nehawu in die Noord-Kaap, sê hy sal nie die regering toelaat om kollektiewe bedingingsooreenkomste te ondermyn nie.
Dit terwyl onderhandelinge voortgaan vir die openbare sektor, met die regering wat bly staan by hulle aanbod van 1,5 persent.
Die vakbond het die regering gekritiseer en voer aan dat hulle die werkers minag.
Die vakbond se provinsiale voorsitter, Jacques Cupido, sê indien die regering nie afstand doen van hulle 1,5 persent aanbod nie, sal hulle geen keuse hê nie en die strate moet invaar om te betoog.
Hy beskuldig regeringsamptenare daarvan dat dit 'n aanval is op kollektiewe bedinging, wat as 'n aanval op die vakbonde gesien kan word.
OFM-nuus/Roderick Titus
