On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Verdagtes van mensehandel bly agter tralies

───   15:24 Tue, 01 Jun 2021

Verdagtes van mensehandel bly agter tralies | News Article

Die 33-jarige Emanuel Uzoago, wat vroeër in hegtenis geneem is, en sy mede-beskuldigde het Maandag in die Upington-landdroshof verskyn in verband met die saak waarin drie Upingtonse vroue as seksslawe in Sandton aangehou is.

Die verdagtes het die vroue na bewering na Gauteng geneem om as prostitute te werk.

Valke-woordvoerder, Nomtandazo Mnisi, sê inligting dat die Sandton-perseel as ‘n bordeel bedryf was, is opgevolg, wat tot die inhegtenisnames gelei het.

Die verdagte, James Okwudili Ugwuke, wat tesame met Uzoago verskyn het, sal vir ‘n formele borgaansoek op 7 Junie weer in die hof verskyn.

Albei verdagtes bly in aanhouding.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.