Central SA
SOE vind niks verkeerd met tenders aan familie van amptenare nie─── CATHY DLODLO 13:09 Thu, 03 Jun 2021
Die Spesiale Ondersoek-eenheid (SOE) het geen bewyse van tenderbedrog gevind met die toekenning van multi-miljoenrandse tenders aan familie-lede van ‘n bekende omroeper en dié van ‘n prominente amptenaar nie.
Dit is volgens ‘n voorlegging wat dié eenheid Woensdag voor die Portefeuljekomitee vir Openbare Rekeninge in die parlement gedoen het. Die media het berig dat tenders deur die Provinsiale Tesourie aan die seun van die bekende radio-omroeper, Thuso Motaung, en seuns van die voormalige Vrystaat Premier Ace Magashule toegeken is vir die verskaffing van beskermende toerusting en klere teen Covid-19.
Dié eenheid sê hulle kon egter nie enige bedrog in die toekening van dié tenders vind nie. Die waarde van dié kontrakte het onderskeidelik meer as R500 000 en R4,7 miljoen beloop.
Die SOE het egter bedrog gevind by die toekenning van twee kontrakte ter waarde van R11 miljoen gevind. Dié kontrakte vir die verskaffing van beskermende toerusting en klere teen Covid-19 is sonder die behoorlike tenderprosedure aan die onderneming toegeken. Die ondersoek het ook gevind dat ‘n senior amptenaar van Provinsiale Tesourie moontlik bedrog gepleeg het toe hy die pryse van die toerusting – wat duurder is as wat Nasionale Tesourie voorskryf – verdoesel het.
Die Provinsiale Tesourie is aanbeveel om dissiplinêre- en kriminele klagte teen die amptenaar aanhangig te maak.
OFM-nuus
