On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

'Hospitale in Sentraal SA onder druk'

───   06:00 Fri, 11 Jun 2021

'Hospitale in Sentraal SA onder druk' | News Article

Hospitale in Sentraal Suid-Afrika is onder groot druk te midde van die derde golf van Covid-19.

Volgens Barbara Steenkamp, woordvoerder van Mediclinic Bloemfontein, toon die derde golf 'n soortgelyke tendens in vergelyking met die eerste, met 'n voortdurende toename in Covid-19-gevalle. Steenkamp sê die tweede golf het 'n lae impak op Bloemfonteinse hospitale gehad, maar die derde golf het 'n groter impak in die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap. 

Steenkamp sê die hospitaal is tans baie besig, maar dat hulle volgens 'n kode leef waarvolgens enige pasiënt met Covid-19 of enige ander siektetoestande nooit weggewys sal word nie. In gevalle waar hulle tekorte aan ventilators of ander toerusting het, sal hulle die pasiënt in nood na 'n ander hospitaal vervoer. Sy sê een van die grootste uitdagings is om te verseker dat die hospitaal genoeg personeel het om pasiënte te behandel.

"Tydens die eerste oplewing, het baie van ons personeel siek geword, maar ons is baie dankbaar dat dit hierdie keer nie dieselfde is nie. Aangesien die hospitale baie besig is, moet ons regtig na ons personeel kyk en seker maak dat ons genoeg personeellede beskikbaar het. Op die oomblik is dit ook wintertyd en ons personeellede word nie net siek van Covid nie, maar ons personeel word siek van griep, longinfeksie, ens. So, ek dink ons grootste uitdaging is om te verseker dat ons genoeg personeel het, en dit kan vir alle hospitale gesê word,” vertel Steenkamp aan OFM-nuus.

"Verder is ons baie dankbaar dat dit goed gaan, ons kan die situasie goed hanteer en ons probeer om na elke pasiënt te kyk in sy of haar unieke situasie," sê Steenkamp. Sy voeg verder by, wat betref die huidige paniek oor sterftes weens Covid-19, dat daar ook baie mense is wat herstel. "Ons is ook baie bly dat ons hierdie inentings stasie/vaccine station saam met die Departement van Gesondheid kon begin het, want dit gee meer hoop vir iets positiefs," voeg sy by.


OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.