On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Optog teen swak dienslewering in Hartswater

───   08:16 Sat, 19 Jun 2021

Optog teen swak dienslewering in Hartswater | News Article

Die Vaalharts Belastingbetalersvereniging het Vrydag lede van Hartswater, Jan Kempdorp en die omliggende gebied genooi om deel te neem aan ‘n protesoptog teen swak dienslewering.

Theo Joubert, raadslid vir die Vryheidsfront Plus en lid van die Vaalharts Belastingbetalersvereniging, sê die doel van die optog was om ‘n duidelike boodskap aan die Munisipaliteit te stuur -  naamlik dat swak dienslewering en wanbestuur nie verder deur die gemeenskap geduld sal word nie.

Joubert sé hulle het die Phokwane-munisipaliteit en burgemeester ‘n 7 dae tydperk gegee om op ‘n memorandum - waarin sewe eise gestel word - te reageer.

Joubert sé verder, na aanleiding van “die aantal motors teenwoordig en mense wat opgedaag het om die oorhandiging van die memorandum te ondersteun, dink ek was ons baie suksesvol”.

Joubert voeg by die hele gemeenskap se rekeningstelsel is in ‘n chaotiese toestand, waar niemand weet wat op hul rekeninge aangaan nie.

“Een van die punte op die memorandum was om te sorg dat die rekeningstelsel weer reg en op standaard is sodat mense se rekeninge korrek reflekteer wat hulle werklik skuld.”

“Die munisipaliteit is bewus van die probleme, maar daar word niks daaraan gedoen nie. Paaie is swak en vol slaggate, wat 'n groot gevaar vir voertuie inhou. Vullisverwydering vind nie deurlopend plaas nie, en in sekere dele van die munisipaliteit is dit jare gelede gedoen,” luidens die Vaalharts Inligting Facebook-blad.


OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.