On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Jo Black gesels met Laerskool Bloemfontein oor afknouery

───   16:08 Tue, 22 Jun 2021

Jo Black gesels met Laerskool Bloemfontein oor afknouery | News Article

Dit is nie elke dag dat die Laerskool Bloemfontein in die Vrystaat deur 'n bekende besoek word nie.

Vandag is leerders by dié skool deur die Suid-Afrikaanse musikant, Jo Black, verras met 'n praatjie wat handel oor boelies en afknouery.

In 'n onderhoud met OFM-nuus sê Black dat hy die beweging "Be that guy/girl, BTG Everyday Heroes" nege jaar gelede begin het. Dit is tans 'n sosiale bewusmakingsveldtog wat teen afknouery gemik is. Die organisasie het gereelde aanbiedings by skole regoor die land. Black sê sy missie is om kinders terug te bring na ‘n plek van die hart toe. Black sê in die laaste drie jaar was hy al by 12 skole in Bloemfontein en sê buiten sy musiekloopbaan is dit hoe hy iets teruggee.

Die hoof van die Laerskool Bloemfontein, Gerdus Marx, sê die grootste uitdaging tans is kinders wat uit gebroke huise kom en persoonlike uitdagings ervaar. Marx sê die feit dat Jo gekom het en met die skool kom praat het, het vir hulle gewys dat hulle nie alleen is nie. Marx se op die einde van die dag gaan dit oor hoe jy optree en hoe jy ander mense behandel, ook om te besef as jy vir ander mense omgee en respekteer sal dit aan jou teruggegee word.

Marx sê een van die grootste uitdagings in skole vandag is druk. "Met druk wat leerders in die gesig staar, vind afknouery by skole plaas omdat kinders baie druk ervaar, veral op sosiale media. Met Covid-19 speel dit 'n negatiewe rol en beïnvloed dit hul akademie aan die einde van die dag met druk van sommige huishoudings ook," sê Marx.  

Black sê sodra die derde golf verby is en die inperkings gelig is, sal Bloemfontein die eerste plek wees waar hy optree. Hy doen verder 'n beroep op mense om uit te reik en 'n verskil te maak.


OFM-nuus/Blaine Jones


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.