On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Upington wil reputasie as skoonste dorp in NK behou

───   14:42 Thu, 24 Jun 2021

Upington wil reputasie as skoonste dorp in NK behou | News Article
PHOTO: Wikimedia Commons

Nadat Upington deur die gewilde Afrikaanse KykNET program, Kwêla, genomineer is om die Noord-Kaap te verteenwoordig in die nasionale Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie, verskerp die dorp veral sy fokus om sy reputasie as 'n skoon dorp te behou.

Upington se munisipale woordvoerder, Patrick Williams, vertel aan OFM-nuus dat een van die dorp se grootste uitdagings vullisstorting is, want mense strooi op 'n gereelde basis vullis op enige plek in dorp. Williams sê hulle het 'n maandelikse program as die munisipaliteit, waar hulle toesien dat alle vullis in alle gebiede verwyder word. Hy sê die munisipaliteit bestee ‘n week in een wyk waar hulle ook ‘n bewusmakingsveldtog het om mense in te lig oor die gevare van vullisstorting.

Williams sê nog 'n groot uitdaging wat die dorp in die gesig staar, is vandalisme. Hy sê sodra 'n munisipale gebied gevandaliseer is, moet geld belê word om die geriewe te herbou of skoon te maak. Munisipale sale en begraafplase is van die geriewe wat op 'n gereelde basis gevandaliseer word. Hy sê die munisipaliteit is in die proses om die geriewe te herstel en versoek die gemeenskap om verantwoordelikheid vir eiendomme te neem.  


OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.