On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

#Covid19 'kan verwoestende uitwerking op akademiese jaar hê'

───   15:28 Wed, 30 Jun 2021

#Covid19 'kan verwoestende uitwerking op akademiese jaar hê' | News Article
PHOTO: Twitter

Die Minister van Onderwys, Angie Motshekga, het in Kimberley in die Noord-Kaap gesê indien Covid-19 getalle steeds toeneem, kan dit ‘n verwoestende uitwerking op die akademiese jaar hê indien skole nie kan heropen nie.

Motshekga sê hoewel dit uiters noodsaaklik is dat skole 19 Julie moet heropen, sal dit slegs gebeur as dit veilig genoeg is om skole te heropen. 

Die Departement van Gesondheid is tans besig om die onderwyskorps met die Johnson & Johnson-entstof teen Covid-19 in te ent. Die minister sê die departement bly steeds vol vertroue om teen die einde van aanstaande week sowat 582 000 onderwysers en ondersteuningspersoneel in te ent. 

In die ZF Mgcawu-streek in die Noord-Kaap, het die departement die Dr Harry Surtie-hospitaal, asook die Mediclinic Upington, die Askham-kliniek, en die Postmasburg-hospitaal as inentingspunte vir onderwysers en ondersteuningspersoneel geïdentifiseer. 

Motshekga sal nou die Oos-Kaap besoek as deel van haar nasionale besoeke om te bepaal wat die situasie met betrekking tot Covid-19 en die inentingsveldtogte by skole is.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.