On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Talle in Noord-Kaap vas weens Vlak 4-oortredings

───   17:50 Mon, 05 Jul 2021

Talle in Noord-Kaap vas weens Vlak 4-oortredings | News Article

Noord-Kaapse polisiewoordvoerder Masay Gamaldien sê 106 persone is verlede week tussen Maandag en Sondag in die provinsie in hegtenis geneem vir die oortreding van die nasionale Covid-19 inperkingsregulasies, soos onder Vlak 4 ingestel.

Gamaldien sê 78 van die persone het die inperking snags tussen 21:00 en 4:00 verbreek, terwyl 12 nie maskers in die publiek gedra het nie.

Elf is in hegtenis geneem vir die verkoop van alkohol, wat tydens die inperking verbied word.

Sy voeg verder by drie persone het die polisie verhinder in die uitvoer van hulle pligte, met twee wat die Wet op Samekomste oortree het.

Gamaldien sê die polisie in die Noord-Kaap sal nie skroom om teen mense wat die regulasies verbreek, op te tree nie.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.