On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Vermoorde Pofadder-sakeman se vrou bly in aanhouding

───   14:30 Tue, 06 Jul 2021

Vermoorde Pofadder-sakeman se vrou bly in aanhouding | News Article

Die vrou van die Pofadder-sakeman, Leon Brits, wie se lewelose liggaam met verskeie steekwonde in die swembad van sy huis gevind is, bly in aanhouding.

Dit, nadat die saak gister in Pofadder na die Hooggeregshof in Kimberley oorgeplaas is.

Die polisie se Sergio Kock sê Suretha Brits sal op 15 November vanjaar in die Hooggeregshof in Kimberley verskyn.

Dit, nadat sy deur een van die verdagtes as die meesterbrein agter die moord van haar man uitgewys is. 

Die verdagte, die 37-jarige Jacques van Vuuren, is reeds 20 jaar gevangenisstraf opgelê vir sy betrokkenheid by die moord.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.