On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

'Mangaung-kragtarief sonder Nersa-goedkeuring verhoog'

───   14:37 Wed, 07 Jul 2021

'Mangaung-kragtarief sonder Nersa-goedkeuring verhoog' | News Article
PHOTO: Al Jazeera

AfriForum doen ’n beroep op inwoners van die Mangaung Metro om betrokke te raak om dié onbillike proses tersyde te stel nadat die raad op Donderdag 1 Julie 2021 ’n tarief geïmplementeer het wat nie deur Nersa goedgekeur is nie.

Die AfriForum-streekshoof vir die sentrale streek, Jaco Grobbelaar, sê dit volg nadat Centlec op 7 Junie 2021 ’n veranderde tariefstruktuur by die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) ingedien het, wat neerkom op ’n verhoging bo die munisipale kerf, sonder dat die dokumente wat deur wetgewing vereis word, ingedien is.

“Die tarief wat nou geïmplementeer is, het die gevolg dat inwoners van die Mangaung-metro effektief ’n hoër verhoging sal ervaar in plaas van die 14.59%, soos uiteengesit in die begroting, aangesien die eerste band van die tarief nou oor slegs 150 eenhede strek. Die metro het die publieke deelnameproses heeltemal omseil met die agterbakse proses wat gevolg is. AfriForum sal voortgaan om met sy regspan te konsulteer om te verseker dat die regte prosesse gevolg word en dat die verhoogde tarief wel billik is,” sê Grobbelaar.

“Kragtens Artikel 14 van die Wet op die Regulering van Elektrisiteit (4 van 2006), mag die munisipaliteit nie sonder Nersa se goedkeuring ’n verhoogde elektrisiteitstarief implementeer nie. Indien daar aan die struktuur van die tariewe verander word, moet daar ’n studie van voorsieningskoste (cost of supply study) gedoen word om te verseker dat die nuwe tariewestruktuur geregverdig kan word,” sê Grobbelaar in ‘n verklaring.  

Bestuurder van Plaaslike Regeringsake by AfriForum, Morné Mostert, sê dat Nersa as reguleerder nie ’n besluit oor ’n nuwe tariewestruktuur kan neem sonder ’n nuwe studie van voorsieningskoste-dokumente nie en sal daardie besluit op prosessuele gronde tersyde gestel kan word.


OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.