On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Lekwene hoef nie opsy te staan nie - ANC

───   16:15 Fri, 09 Jul 2021

Lekwene hoef nie opsy te staan nie - ANC  | News Article
Maruping Lekwene/Photo: Twitter

Die ANC in die Noord-Kaap se Tshepo Louw sê die party neem kennis van die beplande optog na die Amaqhawe-huis waar gevra sal word dat die LUR vir Gesondheid - Maruping Lekwene - opsy moet staan.

Die party sê in ‘n persverklaring dat die opsystaan-beleid gemik is op lede wat ernstige klagte - soos korrupsie, verkragting, en moord - in die gesig staar en dat dit nie van betrekking op Lekwene is nie.

Die party se sekretaris, Deshi Ngxanga, sê omdat Lekwene nie voor 'n hof gedaag is nie, gaan die party hom nie vra om opsy te staan nie.

Dit, nadat 'n verslag van die Openbare Beskermer in Junie vanjaar vrygestel is ná 'n ondersoek na onbehoorlike optrede en wanadministrasie met betrekking tot die beweerde fooi wat Lekwene sou ontvang ná die aanstelling van die uitvoerende hoof van die Noord-Kaapse Dobbelraad.

Lekwene was suksesvol in sy dringende interdik in die Noord-Kaapse Hooggeregshof om tugstappe teen hom te staak.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.