On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

SAKP staan by Lekwene

───   16:36 Mon, 12 Jul 2021

SAKP staan by Lekwene | News Article

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party in die Noord-Kaap ondersteun die LUR vir Gesondheid, Maruping Lekwene, wat verlede week 'n dringende interdik bekom het om te verhoed dat die bevindings van 'n Openbare Beskermer verslag teen hom gebruik word.

Lekwene word in die verslag betrek, en tugstapppe word aanbeveel. Dit, ná die aansteling van die hoof uitvoerende beampte van die Provinsiale Drankraad, Vincent Mothibi. Lekwene was ten tye van die aansteling die LUR vir Finansies, Ekonomiese ontwikkeling en Toerisme.

Die SAKP se Patrick Mosiame sê hulle ondersteun Lekwene, aangesien hy nie die kans gegun is om op die bewerings teen hom te reageer nie. Die ANC in die Noord-Kaap het ook vroeër aangekondig dat hulle nie gaan vra dat Lekwene opsy staan nie.

Die SAKP sê voorts dat Mothibi lank as senior bestuurder in die Departement van Ekonomiese Sake sowel as Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake gedien het.

Mosiame meen die bewerings wat in die  Openbare Beskermer se verslag gemaak word, moet na die Staatsdienskommisie verwys word.

OFM-nuus/Roderick Titus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.