On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Drie vas vir besit van bedreigde plante

───   16:41 Mon, 12 Jul 2021

Drie vas vir besit van bedreigde plante | News Article
Conophytum achabense/Foto: Verskaf.

Die Polisie in Springbok se veediefstaleenheid, in samewerking met beamptes van die Pella SAPS in die Noord-Kaap se Namakwa-streek, het drie mans in hegtenis geneem nadat hulle in besit van 1 100 bedreigde vetplante (conophytum achabense) betrap is.

Die geskatte waarde van die plante is R100 000.

Die polisie se Masay Gamildien sê die verdagtes, tussen die ouderdomme van 21 en 27 jaar oud, het die bedreigde plante naby Pella gekry. 

Sy voeg by die verdagtes sal in die Landdroshof in Poffader verskyn op aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Natuurbewaringswet. 

Die ondersoek na die voorval duur voort.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.