On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse held pak vyf dae op handfiets vir liefdadigheid aan

───   14:14 Thu, 15 Jul 2021

Noord-Kaapse held pak vyf dae op handfiets vir liefdadigheid aan | News Article

Brunhild Strauss van Springbok in die Noord-Kaap is ‘n plaaslike held in die provinsie. Strauss, wat verlam is sedert ‘n motorongeluk 27 jaar gelede, pak 'n vyf dae lange fietsrit met sy handfiets aan vir liefdadigheid.

Strauss, en twee ander fietsryers, ry van Springbok tot in Upington en het gister, op die vierde dag van die veldtog, in Kakamas aangekom, wat byna 300km behels. Strauss sê hulle het twee ondersteuningsvoertuie saam met hulle. Die uitreikveldtog se hooffokus is om noodvoorraad aan behoeftige mense in Noord-Kaapse dorpe te gee. Strauss sê hulle het in dorpe soos Pofadder pakkies, sakke en komberse uitgedeel. Vandag is die vyfde dag van die veldtog, met Strauss en sy span wat van Kakamas tot in Upington reis. Hulle gaan ook kos vir 150 mense in Upington maak.

“Ek het senuwees in my rugstring beseer. Dit het gemaak dat ek ‘n besluit moes neem - gaan die lewe stil staan of gaan die lewe nie stil staan nie. Ek het maar die tweede opsie gekies dat ek ‘n vol lewe, so ver as moontlik, wil lei. Baie dankie aan almal wat ons al reeds ondersteun het, aan mense wat vir ons verblyf langs die pad geborg het,” sê Strauss.

“In totaal gaan ons omtrent 400km reis,” sê Strauss. Hy het die Cape Argus fietstoer van 109km sewe keer gedoen. Dit word elke jaar in die Wes-Kaap gehou. Strauss vertel verder aan OFM-nuus dat hy ook betrokke was in die 94.7 Cycle Challenge, asook die Outeniqua Wheel Chair Challenge in die Wes-Kaap, ‘n liefdadigheid-pretdag wat elke jaar gehou word. As mense wil betrokke raak, kan hulle hom kontak op 082-306-4634.



OFM-nuus/Blaine Jones


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.