Central SA
Volvo Bfn, gemeenskap reik uit na KZN─── 14:36 Fri, 16 Jul 2021
Volvo Cars in Bloemfontein, Vrystaat, het op sosiale media aangekondig dat hulle volgende week na Durban gaan reis om skenkings van die plaaslike, Bloemfonteinse gemeenskap af te lewer.
Die fokus van die inisiatief is om met die tekort aan kos en basiese voorrade vir volwassenes en babas in KwaZulu-Natal te help.
Anso Vorster, verkoopsbestuurder van Volvo Bloemfontein, sê nie bederfbare produkte gaan afgelaai word, soos langlewemelk, babaformule, meel, doeke, en troeteldierkos. Vorster moedig plaaslike besighede of individue aan om die inisiatief te ondersteun. Sy sê die hulp wat hulle tot dusver ontvang het, is nie net plaaslik nie, maar nasionaal. Vorster sê sy het geen idee gehad wat haar sosiale media plasing sou begin het nie asook die feit dat dit op geblaas het. Sy sê skenkings sal tot Dinsdag plaasvind.
“In die week het dit op my hart gekom om vir die mense net te help. Ek’t ‘n Facebook-post en ‘n Instragram-post gemaak en hierdie ding het letterlik ontplof in ‘n crazy ding. Dit was op my hart en om hierdie mense te help, dit is so amazing om te kan terug gee,” sê Vorster.
PJ Jansen, een van Volvo Bloemfontein se handelsmerk verteenwoordigers, sê mense wat graag wil help kan van die Pick n Pay of Checkers Sixty60 app gebruik maak en dit by Volvo, Zastronstraat 52, Bloemfontein, laat aflewer. "Ons het almal jou hulp nodig. Laat ons almal saamstaan en hierdie land herbou," sê Jansen.
Skenkings kan nog tot Maandag 19 Julie afgelewer word.
OFM-nuus/Blaine Jones
