On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Volvo Bfn op pad na KZN met skenkings

───   14:51 Tue, 20 Jul 2021

Volvo Bfn op pad na KZN met skenkings | News Article

Volvo Car in Bloemfontein, in die Vrystaat, sal vandeesweek na Durban in KwaZulu-Natal reis om skenkings van die plaaslike, Bloemfonteinse gemeenskap af te lewer.

Anso Vorster, verkoopsbestuurder van Volvo Bloemfontein, sê sy is vreeslik gelukkig oor hoe die gemeenskap bymekaar gekom het. Vorster sé vandag maak hulle al die skenkings bymekaar en hulle behoort die trok al reeds te begin laai. Een Interlink-dubbeltrok met drie voertuie en sleepwaens wat vol bokse gepak is, gaan deur Durban toe, sê Vorster.

Sy sê 38 tot 40 kratte se donasies is ingesamel. Die fokus van die inisiatief is om met die tekort aan kos en basiese voorrade vir volwassenes en babas in KwaZulu-Natal te help. Vorster sê nie-bederfbare produkte gaan afgelaai word, soos langlewemelk, babaformule, meel, doeke, en troeteldierkos.

“Vir my gaan dit letterlik van ons af om net ons harte oop te maak en vir hierde mense te gee wat ons as vanselfsprekend aanvaar hier in Bloemfontein, dit was die hoofdoel. Klein goed soos hondekos, daai klein bietjie gaan vir soveel huisgesinne ‘n groot verskil maak,” sê Vorster.

 “Dit het op my hart gekom om vir die mense net te help. Ek’t ‘n Facebook-post en ‘n Instragram-post gemaak en hierdie ding het letterlik ontplof in ‘n crazy ding. Dit was op my hart en om hierdie mense te help, dit is so amazing om te kan teruggee,” sê Vorster.


OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.