On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Personeel by Connie Vorster-hospitaal staak

───   15:39 Wed, 21 Jul 2021

Personeel by Connie Vorster-hospitaal staak | News Article

Verpleegkundiges en skoonmaakpersoneel by die Connie Vorster-hospitaal in Hartswater het sedert Dinsdag by díe instelling begin staak uit protes teen die Departement van Gesondheid se skynbare onvermoë om persoonlike beskermingstoerusting te lewer.

Paul Gras van die vakbond Hospersa in die Noord-Kaap sê geen N95-maskers en handskoene is beskikbaar nie, terwyl personeel wat in die Covid-19 afdeling werk glo toerusting moet leen om hulle eie veiligheid en dié van pasiënte te verseker.

Hy sê die staking sal voortgaan totdat daar aan behoeftes voldoen word.

Die vakbond sê ‘n tekort aan personeel wek ook kommer, veral omdat daar slegs drie verpleegkundiges in die Covid-19 afdeling werk, wat ‘n geweldige risiko inhou vir hulle gesondheid.

Die Departement van Gesondheid se LUR, Maroping Lekwene, is tans in die provinsie waar hy volgens woordvoerder Lebogang Mahajah met toesigbesoeke aan alle gesondheidsorggeriewe begin het.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.