Central SA
Poskantoor waarsku teen bedrog─── 16:04 Wed, 21 Jul 2021
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor doen ‘n beroep op die publiek om nie slagoffer te word van swendelaars wat e-posse en SMS-boodskappe gebruik sodat geld in ‘n bedrieglike rekening oorbetaal word nie.
Die poskantoor sê die jongste SMS bevat die naam van die persoon wat die boodskap ontvang, terwyl die adres van die ontvanger onleesbaar is.
Verder dui die boodskap aan dat ‘n pakkie vir die ontvanger slegs vrygestel kan word sodra ‘n klaringskoste ontvang is.
Nobuhle Njapha van die Poskantoor sê die e-posse en SMS-boodskappe verskil in formaat, en bevat almal ‘n skakel waarop betaling gevra word.
Njapha sê die poskantoor stuur ‘n SMS of ‘n afhaal-strokie aan hulle klante wanneer hulle ‘n pakkie het wat afgehaal moet word.
Die poskantoor sal volgens Njapha nooit vooraf klaringskoste vra nie.
OFM-nuus/Roderick Titus
