Central SA
Noord-Kaap-myn wil ysterertsproduksie opskerp─── 06:11 Wed, 28 Jul 2021
Die Vedanta Zinc International-myngroep by die Black Mountain-myn in Aggeneys, Noord-Kaap, sê dit beplan om ysterertsproduksie by die myn op te skerp.
Die groep se hoof, Laxman Shekhawat, sê met die beplande uitbreiding gaan nog ‘n produklyn by die myn gevoeg word.
Dit sal die myn help met bestaande bedrywighede se mededingendheid wêreldwyd.
Shekhawat sê nie net sal dit meer werk skep nie, maar dit sal ook die lewensduur van die myn verbeter en verseker dat deurlopende ondersteuning aan maatskaplike ontwikkelingsprojekte in die streek sal voortgaan.
OFM-nuus/Roderick Titus
