Central SA
Inbraak by Eiland-vakansieoord in NK ondersoek─── CATHY DLODLO 09:03 Fri, 30 Jul 2021
Diewe het televisiestelle, lugversorgers en yskaste gebuit tydens ‘n inbraak by die Eiland-vakansieoord in Upington.
Dié inbraak gaan na verwagting die Dawid Kruiper-munisipaliteit derduisende rande uit die sak jaag.
Munisipale woordvoerder, Patrick Williams, het gerugte wat op sosiale media die rondte doen, bevestig. Dit volg nadat ’n plaaslike sakeman, Henk van der Merwe, op ‘n sosiale media groep - Upington Concerned Citizens - die berig op hulle blad geplaas het waarin hy beweer dat diewe by die oord ingebreek het.
Williams sê die munisipaliteit maak van private sekuriteit gebruik by die eiland en dat die aangeleentheid by die polisie aangemeld is. ‘n Interne ondersoek na die voorval is ook ingestel. Hy sê die sekuriteitsmaatskapy is ook hieroor gevra.
OFM-nuus
