Central SA
Lesotho-burger se dood ná polisieskoot ondersoek─── CATHY DLODLO 14:37 Wed, 11 Aug 2021

Die Onafhanklike Polisie Ondersoek-direktoraat (OPOD) ondersoek die dood van ‘n Lesotho-burger in ‘n skietvoorval waarin twee Suid-Afrikaanse polisiebeamptes betrokke was.
Waarnemende woordvoerder van die direktoraat, Grace Langa, sê twee polisiebeamptes het voetpatrollie by die Maseru-grenspos gedoen toe hulle na bewering vier verdagtes gesien het wat die grenspos onwettig probeer oorsteek het.
Sy sê die beamptes het die mans genader, wat toe probeer het om hulle met wapens aan te val. Een van die polisiebeamptes het ‘n skoot afgevuur, wat een van die verdagtes getref het. Hy is op die toneel oorlede. Die verdagte is as ‘n 23-jarige Lesotho-burger geïdentifiseer.
Die uitslae van ‘n nadoodse ondersoek en ballistiese toetse gaan na verwagting binnekort bekend wees en deel vorm van die ondersoek na die voorval. Niemand is al in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
OFM-nuus