On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

#CoronavirusNC: Noord-Kaap maak vordering met inentings

───   08:16 Sat, 14 Aug 2021

#CoronavirusNC: Noord-Kaap maak vordering met inentings | News Article

Die Departement van Gesondheid in die Noord-Kaap sê dat meer as 52% van die provinsie se geteikende inwoners sover teen die koronavirus (Covid-19) ingeënt is.

Die Departement se woordvoerder, Lebogang Mahajah, sê meer as 89 000 mense is ten volle ingeënt, en die algehele getal is meer as 173 000.

Die inentingsprogram het verlede jaar begin, en het onder andere die polisie, asook diegene in die Onderwys- en Gesondheidsektore ingesluit.

Nagenoeg 4000 polisiebeamptes in die Noord-Kaap is ingeënt.

Die Departement van Onderwys het op hulle beurt sowat 9000 onderwysers ingeënt.

Departement van Gesondheid se woordvoerder, Konrad Markus, sê die inentingsprogram gaan steeds regoor die provinsie voort.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.