On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

#CoronavirusNW: NWU bied Covid-19 inentings aan die publiek

───   DANE BEISHEIM 09:15 Sat, 14 Aug 2021

#CoronavirusNW: NWU bied Covid-19 inentings aan die publiek | News Article

Die Noordwes-Universiteit (NWU) nooi weer eens die publiek uit om hierdie naweek van die instansie se koronavirus (Covid-19) inentingsgeriewe gebruik te maak.

Luidens NWU-woordvoerder, Bertie Jacobs, het nagenoeg 10 000 mense reeds hul inentings teen die virus by die universiteit se Mahikeng-en Potchefstroom-kampusse ontvang.

Jacobs sê die diens is vinnig, veilig en gratis. Dit is die Johnson&Johnson-inenting wat toegedien word.

Persone kan die Mahikeng-kampus Saterdag van 8:00 tot 16:00 besoek, en die Potchefstroom-kampus Saterdag en Sondag – ook tussen 8:00 en 16:00.

‘n ID-dokument sowel as bewys van registrasie vir die inenting word benodig.

“Daar is uiters bekwame personeel beskikbaar om jou deur die proses te help,” sê Jacobs.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.