Central SA
NW-polisiebeampte in hof vir korrupsie─── 11:26 Sat, 14 Aug 2021
Die saak teen die 41-jarige polisiebeampte, Marin Noge, is uitgestel tot Dinsdag, 28 September 2021.
Met sy verskyning in die Brits-landdroshof in Noordwes gister, is Noge borgtog van R3 000 toegestaan.
Sy verskyning volg ná sy inhegtenisneming op aanklagte van korrupsie, sê Sabata Mokwabone, provinsiale polisiewoordvoerder.
Daar word beweer dat Noge 'n man in verband met 'n strafbare manslagsaak geskakel het wat hy besig was om te ondersoek. Hy het glo geld van die man geëis.
Die wetsgehoorsame burger het egter die saak by die polisie aangemeld.
Ná die oproep het die beskuldigde na bewering na die man gegaan en het hy R3 000 van hom geneem. Hy isvolgens Mokgwabone hierna aangekeer.
Noge is Donderdagmiddag 12 Augustus 2021 in Jerigo, buite Brits, deur die provinsiale antikorrupsie-ondersoekeenheid in hegtenis geneem.
OFM-nuus/Blaine Jones
