On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

NK-sakevrou herdenk Vrouemaand

───   09:13 Sun, 15 Aug 2021

NK-sakevrou herdenk Vrouemaand | News Article
Diana Steenkamp/Foto: Verskaf

'n Sakevrou van sentraal Suid-Afrika het 'n boodskap aan ander vroue tydens Vrouemaand.

Diana Steenkamp, ‘n sakevrou van die Noord-Kaap, sê die beste deel daarvan om jou eie besigheid te besit is die onafhanklikheid wat daarmee gepaardgaan.

Steenkamp sê nie baie vroue het die geleentheid om hul eie inkomste, tyd of besluite te bepaal nie. Sy sê om 'n vrou en 'n sake-eienaar te wees, kom met talle uitdagings; die grootste is finansiële bestuur en om jou eie baas te wees.

Steenkamp is een van die vele vroue in Sentraal Suid Afrika wat tradisionele manlike rolle uitdaag.

"My boodskap aan elke sakevrou is dat jy aanpasbaar moet wees, en dat jy hard moet werk. Die vrugte van jou arbeid sal jy pluk. Almal van ons wil in 'n stadium opgee en vra hoe jy deur hierdie krisis sal kom. Maar as jy terugkyk, is jy geskok en dan weet jy nie hoe jy daardeur gekom het nie," sê Steenkamp.

"My boodskap is dus, hou aan, iewers is daar lig aan die einde van die tonnel, en jy sal geskok wees oor wat jy bereik het," sê Steenkamp.

Augustus word opgedra aan die onbaatsugtige, liefdevolle, sorgsame en hardwerkende vroue van Suid-Afrika.

Vrouemaand is 'n huldeblyk aan die duisende vroue wat op 9 Augustus 1956 na die Uniegebou opgeruk het, uit protes teen die paswette van die dag. Hierdie historiese optog was 'n keerpunt in die rol van vroue tydens die stryd om vryheid.

Sedert daardie dag het vroue op alle vlakke van die samelewing gelyke vennote geword in die stryd vir 'n nie-rassige en nie-seksistiese Suid-Afrika.


OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.