On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Vordering by skole met vervanging van puttoilette gemaak

───   09:06 Tue, 17 Aug 2021

Vordering by skole met vervanging van puttoilette gemaak | News Article
PHOTO: SABC News

Die nasionale Departement van Basiese Onderwys, tesame met die provinsiale departement in die Noord-Kaap, het bevestig dat geen puttoilette meer in die provinsie se skole in gebruik is nie.

Dit volg nadat die departement aangekondig het dat daar reuse-vordering gemaak is met die vervanging van puttoilette deur geskikte sanitasiegeriewe vir skole in die land, met die uitsondering van die Noord-Kaapprovinsie waar geen skool van puttoilette gebruik maak nie. Die inisiatief, Sanitation Appropriate for Education (SAFE), wat in Augustus 2018 van stapel gestuur is om die proses te versnel, het werk by 2 753 skole aangepak.

Die Noord-Kaapse woordvoerder, Geoffrey van der Merwe, sê waar puttoilette waargeneem word, is dit nie in gebruik nie omdat alternatiewe toilette, in die vorm van Enviro Loo-toilette en VIP-toilette, gebruik word. 

Die nasionale departement sê in die Oos-Kaap is 1 098 skole, waarvan 178 skole se projekte reeds voltooi is. In die Vrystaat is 75 van die 122 skole se projekte reeds voltooi. In KwaZulu-Natal is 'n totaal van 974 skole, waarvan projekte by 379 skole reeds voltooi is, gevolg deur 387 skole in Limpopo, waar 118 skole se projekte voltooi is. Mpumalanga het 117 skole met puttoilette, waarvan 116 skole se projekte al voltooi is. Laastens is daar 55 skole in Noordwes, waar 37 skole se projekte voltooi is.

Die Direkteur-Generaal van Basiese Onderwys, Mathanzima Mweli, sê die departement het sedertdien die monitering van die projekte verskerp om te verseker dat dit betyds, volgens spesifikasies en volgens die begroting, voltooi word. Van der Merwe sê die vordering wat in die Noord-Kaap gemaak is, is daarop gemik om veilige gehalte-onderrig daar te stel.


OFM-nuus/Roderick Titus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.