On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

VS LUR stel nuwe landbou-tegnologie bekend om boere te help

───   11:50 Fri, 27 Aug 2021

VS LUR stel nuwe landbou-tegnologie bekend om boere te help | News Article
PHOTO: Blaine Jones

Die nuutste landbou-tegnologie word Vrydag op die plaas Fortuna tussen Dewetsdorp en Wepener ten toon gestel tydens die bekendstelling van die Vrystaatse Landboudepartement se Risk Management Solution-program.

William Bulwane, Vrystaatse LUR van Landbou en Landelike Ontwikkeling, verskeie landbou-organisasies en boere vanuit verskillende distrikte is vir die bekendstelling byeen. Bulwane en sy departement gaan nuwe tegnologie beskikbaar stel wat boerdery in die Vrystaat kan help om hul risiko's doeltreffend te bestuur. 

Eienaar van die Fortuna-plaas, asook melk- en skaapboer, Cathy Jason, sê die hoofrede van die byeenkoms is die bekendstelling van tegnologie om nie net boerdery te vergemaklik nie, maar ook vee te beskerm weens die vlaag van veediefsfal en plaasmisdaad. Jason sê van die tegnologie sluit in 'n tipe halsband wat om die nekke van die diere geplaas word, wat vir die boer op sy selfoon aandui wanneer 'n dier 'n sekere gebied verlaat.

Jason sê vir die boere is dit 'n groot voordeel en hulle is baie bevoorreg. "Die tegnologie gaan ons vreeslik help teen veediefstal. Ek het skape verloor weens veediefstal en dit is 'n groot probleem in ons area," sê Jason. 

OFM-nuus se landboujoernalis, Elsabe Richard, het berig die toerusting sluit in opsporingstoestelle, digitale sekuriteitswaarneming, en hommeltuie. Die eerste groep boere wat die toerusting sal ontvang, is van plase rondom Thaba Nchu, Botshabelo, Wepener, asook Bainsvlei.

'n Totale begroting van sowat R5 miljoen is vir hierdie program toegeken om 156 boere te ondersteun. Sowat 1 706 opsporingstoestelle en 32 voertuie sal toegerus wees met die anti-kapingstoestelle om veediefstal te voorkom. Hierdie program is begin om die steeds stygende veediefstalgevalle in die provinsie te beveg, wat indirek voedselsekerheid en werkskepping bedreig.


OFM-nuus/Blaine Jones


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.