Central SA
#ChildCovid: 34 kinders in VS oorlede─── CATHY DLODLO 15:38 Fri, 27 Aug 2021
Verskeie Covid-verwante sterftes onder kinders van 18 jaar en jonger is in die Vrystaat sedert die begin van die pandemie aangemeld.
Woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Gesondheid, Mondli Mvambi, sê die dodetal onder kinders staan op 34. Hy sê die meeste van die kinders – altesaam 21 - is in gesondheidsentrums soos hospitale en klinieke oorlede terwyl die res van die gevalle eers as Covid-verwant geklassifiseer is nadat ‘n lykskouing uitgevoer is.
Die getal sterftes onder kinders staan vanjaar reeds op 25 terwyl net nege in 2020 in die Vrystaat aangeteken is.
Mvambi het gereageer op vrae van OFM-nuus nadat nuur oor die dood van ‘n Graad 8-leerling aan die Kgotso Taole Sekondêre Skool in Botshabelo bekend geword het.
Die 16-jarige Mojalefa Thipane is verlede naweek oorlede, maar die oorsaak van sy dood is eers gister tydens ‘n lykskouing vasgestel.
Die woordvoerder van die Vrystaatse onderwysdepartement, Howard Ndaba, sê die department het ‘n boodskap van medelye aan sy familie gestuur.
OFM-nuus
