On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Meer as 60 000 hektaar oor naweek verwoes - Vrystaat Landbou

───   BLAINE JONES 12:30 Wed, 08 Sep 2021

Meer as 60 000 hektaar oor naweek verwoes - Vrystaat Landbou | News Article
PHOTO: Facbook/Vrystaat Landbou

Brandskade is die naweek op meer as 60 000 hektaar landbougrond aangemeld nadat wegholveldbrande weer die Vrystaat 'n knou toegedien het.

Dit is volgens Vrystaat Landbou se kommunikasiebeampte, Elana Bester. Die grootste brand is in die Ventersburg-omgewing aangemeld. Johan Breytenbach van die Vrystaatse Sambreel-brandbeskermingsvereniging sê dat diere, voertuie en infrastruktuur onder meer weens die veldbrande in die slag gebly het. 

Kommersiële Bestuurder by Vrystaat Landbou, dr. Jack Armour, sê die brande die naweek tussen Ventersburg en Welkom sal maklik syfers van meer as 400 000 hektaar haal. Armour sê die brande vanjaar is baie meer as in vergelyking met die verlede.

“Vrystaat Landbou doen ‘n beroep op voerskenkings of mense wat voer te koop kan aanbied, om ons te kontak, of geldelike bydraes kan lewer vir die aankoop en vervoer van voer,” sê Armour.

Vrystaat Landbou sê die naweek se brande dra by tot dié toenemende getal, nadat 'n verslag wat deur die Vrystaatse Sambreel-BBV uitgereik is, berig het dat altesaam 4 939 potensiële brandvoorvalle, wat 'n totale oppervlakte van 253 509,77 hektaar dek, gedurende Julie vanjaar aangeteken is. “Nie al hierdie dinge kan positief geïdentifiseer word as veldbrand-voorvalle nie, want differensiasie tussen beheerde en onbeheerde brande is nie in hierdie verslag gegee nie,” sê Vrystaat Sambreel-BBV.

Gedurende die verslagdoeningstydperk het 'n aantal groot brande in al vyf distrikte van die provinsie voorgekom. "Die mees noemenswaardige brande was die Petrusburg-brand wat op Maandag 12 en Dinsdag 13 Julie teen 'n koers van 3 851 hektaar per uur versprei het.

Beduidende dieresterftes en beserings het voorgekom, talle strukture, waaronder vier residensiële geboue, is beskadig - een ernstig. Landbou-infrastruktuur is erg geraak en 82 137,26 hektaar weiding is vernietig, berig Vrystaat Sambreel_BBV.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.