On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Kimberley-dokters herstel goed ná aanval in hospitaal

───   09:30 Sun, 19 Sep 2021

Kimberley-dokters herstel goed ná aanval in hospitaal | News Article
Foto geneem deur Elsabé Richard (OFM-nuus)

Twee mediese dokters van die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal in Kimberley in die Noord-Kaap herstel goed ná 'n aanval deur 'n pasiënt wat vermoedelik 'n dwelmverslaafde is.

Die twee vroulike dokters het steekwonde opgedoen tydens die aanval.

Die Departement van Gesondheid sê die veiligheid van hospitaalpersoneel sal hersien word terwyl ondersoek gelas word na die voorval. 

Die departement se waarnemende hoof, Riaan Strydom, het vroeg Saterdagoggend die hospitaal besoek ná die voorval Vrydagaand.


OFM-nuus/Roderick Titus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.