Central SA
Noord-Kaap beamptes bly in aanhouding─── 15:45 Thu, 30 Sep 2021
Twee polisiebeamptes wat deur die Valke in hegtenis geneem is op aanklagtes van onder meer roof en poging tot moord asook ontvoering sal in aanhouding bly.
Dit volg nadat hulle borgtog verhoor vanoggend uitgestel is tot 4 Oktober vanjaar in die Motibistad Landroshof.
Die beamptes, wat werksaam is by die misdaadvoorkomingseenheid van die polisie in Kuruman in die Noord-Kaap, word daarvan beskuldig dat hulle blou ligte gebruik het om motoriste af te trek en so van hulle besitings te beroof.
Die ondersoek duur voort.
Intussen het die nasionale vervolgingsgesag se Mojalefa Senokoatsane gesê die rede vir die uitstel is om die voorsittende landros die geleentheid te gee om alle elemente van die saak te bestudeer, voordat sy ‘n besluit Kan maak oor of die verdagtes borg toegestaan moet word al dan nie.
OFM-nuus/Roderick Titus
