Central SA
Vrou in hegtenis na dwelmklopjag─── 16:08 Fri, 01 Oct 2021
Die intelligensie-eenheidvan die Suid -Afrikaanse Polisiediens in die Frances Baard streek by Kimberley in die Noord-Kaap het ‘n 38-jarige vrou in hegtenis geneem.
Dit, nadat dwelms met ’n straatwaarde van meer as R500 0000 en ’n onbekende bedrag geld in haar voertuig gevind is.
Meer as 3 760 mandrax tablette en 23 sakke dagga is gevind nadat die polisie die voertuig van die pad af getrek het.
Die bestuurder het op die vlug geslaan en is steeds soek.
Die vroulike verdagte, van KwaZulu-Natal, sal binnekort in die Landroshof in Kimberley verskyn.
OFM-nuus/Roderick Titus
