On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Kriminele klag teen VS leeuboer ingedien

───   12:06 Mon, 04 Oct 2021

Kriminele klag teen VS leeuboer ingedien | News Article

‘n Klag van dieremishandeling is teen ‘n Vrystaatse leeuboer aanhangig gemaak nadat die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging 30 van sy leeus van kant moes maak.

Die vereniging het in ‘n verklaring gesê dat die leeus in ‘n bedenklike toestand op die plaas gevind is. Die diere is ernstig beseer in die verwoestende brande wat die afgelope maand in die Glen-omgewing net buite Bloemfontein gewoed het. 

Personeel van die vereniging was in die omgewing besig om boere by te staan met hul diere, toe hulle op die leeuplaas afgekom het. 

Die vereniging moes ‘n hofbevel kry om toegang tot die plaas te verkry.

Die eienaar van die leeuplaas in die Glen-omgewing het hulle glo toegang tot die plaas geweier, ten spyte van die feit dat die vuur groot skade op sy plaas aangerig het. 

Die vereniging sê die leeus was in aanhouding en het ernstige brandwonde en beserings opgedoen. Hulle het ook nie genoeg kos of enige behandeling ontvang nie en die vereniging moes noodgedwonge ingegryp en die leeus van kant maak. Daarna is verskeie waarskuwings aan die eienaar uitgereik. 

‘n Kriminele klag gaan nou teen die eienaar ondersoek word.


OFM-nuus/Mediaverklaring

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.