On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Vrydag is D-dag vir Mangaung Metropolisie

───   CATHY DLODLO 06:50 Thu, 07 Oct 2021

Vrydag is D-dag vir Mangaung Metropolisie | News Article
IMAGE: OFM News/Olebogeng Motse

‘n Verslag wat gaan beslis of die Metropolisie-eenheid van die Mangaung Metro Munisipaliteit en die aanstellingsproses van sy lede na behore gedoen is, gaan Vrydag beskikbaar wees.

Dit is ingevolge ‘n ooreenkoms tussen die nuwe Vrystaatse LUR vir Samewerkende Regering, Mxolisi Dukwana, verskeie gemeenskapsdrukgroepe en die bestuur van die Mangaung Munisipaliteit. Tydens ‘n vergadering tussen dié rolspelers is ‘n span saamgestel wat al die klagtes van die drukgroepe gaan ondersoek. Hulle het ook ooreengekom dat die werksaamhede van die metropolisie onmiddellik gestaak gaan word. Die besluit het egter tot ongelukkigheid van die lede van die metropolisie gelei.

Die provinsiale departementshoof van Samewerkende Regering, Mokete Duma, het in ‘n onderhoud aan OFM-nuus gesê die gemeenskapsdrukgroepe het gekla oor die aanstellingsproses van die lede van die metropolisie. Die koste van die eenheid is ook bevraagteken aangesien die Mangaung Metro reeds as gevolg van sy finansiële probleme onder administrasie geplaas is.

Duma sê die inlywing van die verkeersafdeling by die metropolisie vorm ook deel van die ondersoek.

Die eenheid is in omstredenheid gedompel nadat een van die drukgroepe, die Mangaung Concerned Community, gedreig het om die stad tot stilstand te ruk in opstand teen die eenheid. Die provinsiale regering het ter elfder uur ingegryp en ‘n staking afgeweer.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.