On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Nuwe VS LUR kry wind van voor

───   CATHY DLODLO 08:21 Thu, 07 Oct 2021

Nuwe VS LUR kry wind van voor | News Article
Mxolisi Dukwana. File image

Die nuwe Vrystaatse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake kry behoorlik die wind van voor met 'n lywige lys van sake om aan te spreek - en sy aanstelling maak dalk selfs ‘n draai in die hof.

Volgens mediaberigte gaan ‘n lid van ANC die party hof toe sleep oor Mxolisi Dukwana se aanstelling. Die lid – wie se naam aan OFM-nuus bekend is – gaan glo aanvoer dat sy, en nie Dukwana nie, volgende op die lys vir 'n aanstelling in die Wetgewer was. 

Woordvoerder van die ANC se interim provinsiale komitee, Oupa Khoabane, sê die party het deur die media van die hofaksie verneem. Hy sê hulle gaan met hulle regsverteenwoordiger vergader oor die pad vorentoe.

LUR Dukwana moes ingryp in die Mangaung Metro se metropolisie-sage en het ‘n ooreenkoms met gemeenskapsdrukgroepe gesluit dat die eenheid ondersoek sal word, asook die aanstellingsproses vir sy lede. 

Intussen het hy ook die Water en Sanitasie Minister, Senzo Mchunu, na Maluti-a-Phofung munisipaliteit vergesel om die voortslepende watertekort aan te spreek. Hy het die munisipaliteit gevra om ‘n vergadering met die Departement van Water en Sanitasie te belê om dringend aan die kwessie aandag te gee.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.