On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

D-dag vir #Mangaung-metropolisie

───   CATHY DLODLO 10:40 Fri, 08 Oct 2021

D-dag vir #Mangaung-metropolisie | News Article
FOTO: Kekeletso Mosebetsi

Vandag is D-dag vir 'n verslag wat gaan beslis of die Metropolisie-eenheid van die Mangaung-metromunisipaliteit (MMM) regmatig saamgestel is.

Dit volg nadat 'n ondersoek ingevolge 'n ooreenkoms tussen gemeenskapsdrukgroepe, die Vrystaatse Departement van Samewerkende Regering en die bestuur van die metro begin is. 

Tydens ‘n vergadering tussen dié rolspelers is ‘n span saamgestel wat al die klagtes van die drukgroepe gaan ondersoek. Hulle het ook ooreengkom dat die werksaamhede van die metropolisie onmiddellik gestaak gaan word. Dié besluit het tot die ongelukkigheid van lede van die metropolisie gelei.

Die nuut-aangestelde metropolisielede het vroeër uit protes die Mangaung-metro se hoofkwartier in Bloemfontein beset. Nou dreig die Metro om dissiplinêre stappe teen die lede te neem, slegs vier dae nadat hulle na bewering in hulle nuwe poste aangestel is. 

Die verslag, wat na verwagting Vrydag ter tafel gelê word, sal egter die toekoms van die bestaan van die eenheid opklaar.

Die getal nuut-aangestelde lede en die koste van die totstandkoming van die eenheid – insluitende salarisse, gemerkte voertuie, uniforms en vuurwapens - is onbekend en vrae doen nou die rondte oor hoe die reeds brandarm munisipaliteit, wat onder administrasie is, dit kan bekostig.

Die provinsiale departementshoof van Samewerkende Regering, Mokete Duma, het in ‘n onderhoud aan OFM-nuus gesê die gemeenskapsdrukgroepe het gekla oor die aanstellingsproses van die lede van die metropolisie. 


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.