Central SA
Nuwe politieke party sien die lig in Noord-Kaap─── 08:48 Sat, 09 Oct 2021
Nog 'n nuwe party het onlangs die lig in Namakwaland gesien.
Die National Economic Fighters (oftewel NEF) is deur Dawid Markus gestig.
Markus is vir jare al 'n bekende en vurige aktivis vir die regte van plaaslike arm delwers.
Die party gaan voorlopig slegs in vier gebiede (uit ses) binne die Namakwa-distrik deelneem aan die verkiesing op 1 November. Dit sluit die Kamiesberg-, Nama Khoi-, Richtersveld- en KhaiMa-munisipaliteite in.
Hy het aan OFM-nuus vertel dat hulle Saterdag 9 Oktober hulle amptelike bekendstelling en manifes te Hondeklipbaai gaan loods.
Vroeër die jaar is nog 'n nuwe politieke party, die Namakwa Civic Movement (NCM), op Springbok gestig.
Hulle gaan in groter areas in die Namakwa-distrik deelneem aan die plaaslike verkiesing.
OFM-nuus/Isaac Cloete
