On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Liggaam van plaaswerker in Noord-Kaap gevind

───   09:09 Sat, 09 Oct 2021

Liggaam van plaaswerker in Noord-Kaap gevind  | News Article

Die polisie in Kakamas in die Noord-Kaap ondersoek die omstandighede rondom die dood van 'n 34-jarige plaaswerker, David Dichelwa, wie se lewelose liggaam deur werkers op die oewer van die Hartbeesrivier tussen Kakamas en Alheit gevind is.

Die oorledene was bedek met modder, en 'n nadoodse ondersoek word nou gelas.

Die oorledene is aan die klere wat hy aangehad het, uitgeken.

Hy is as vermis aangemeld nadat hy laaste by 'n kroeg gesien was en nooit na sy hui teruggekeer het nie.

Volgens die polisie is 'n volledige ondersoek begin.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.