On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Een jaar sedert moord op Pofadder-hoteleienaar

───   10:24 Sat, 09 Oct 2021

Een jaar sedert moord op Pofadder-hoteleienaar | News Article

Die afgelope Donderdag was presies ‘n jaar sedert die moord op Leon Brits, ‘n hoteleienaar van Poffader in die Noord-Kaap, wie se lewelose liggaam in die swembad van sy huis gevind is.

Sy vrou, Suretha Brits, wat deur medebeskuldigdes by die moord betrek is, is reeds ses maande in aanhouding in Upington, waar sy vir die beweerde moord op haar man aangehou word.

Die voorverhoor, wat kyk na die staat en verdediging se gereedheid om met die verhoor te begin, het reeds volgens Mojalefa Senokoatsane van die Nasionale Vervolgingsgesag in September in die Landdroshof in Upington begin.

Suretha Brits sal op 15 November in die Upingtonse hooggeregshof verskyn, waar die verhoor vir twee weke sal duur.

Die Valke het drie verdagtes kort ná Leon Brits se dood - onder leiding van die ontslape Brigadier Dick de Waal - in hegtenis geneem.

Die 37-jarige Jacques van Vuuren is reeds 20 jaar tronkstraf opgelê ná ‘n pleitooreenkoms waarin hy Suretha by die moord betrek het.

Die 34-jarige Enrich Williams en die 24-jarige Amantle Bareki word saam met Suretha verhoor.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.