Central SA
NK man se liggaam uit sloot verwyder─── 15:49 Tue, 12 Oct 2021
Die liggaam van die 45-jarige Frans Bosman is vanuit 'n watersloot in Ivory Park op die buitewyke van Kimberley in die Noord-Kaap gehaal.
Dit, nadat hy volgens polisiewoordvoerder Bashoabile Kale vermoedelik gegly en in die sloot geval en verdrink het.
Bashoabile sê die voorval het omstreeks 23:30 Sondagaand plaasgevind toe die oorledene saam met sy vriendin geloop het.
Die vrou het die polisie in kennis gestel van die voorval, en 'n ondersoek is gelas.
Sello Matsie van die Sol Plaatje munisipaleteit het by navrae oor die voorval en die risiko wat dit inhou aangevoer dat die munisipaleteit nie komentaar kan lewer nie, omdat die voorval steeds ondersoek word.
Die sloot is gegrawe vir die instalering van rioolpype.
Die polisie en brandweer se Soek- en Reddingseenheid het Bosman se liggaam vanuit die 10 meter diep sloot verwyder.
OFM-nuus/Roderick Titus
