On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

NK gesondheidswerkers lewer memorandum aan Ramaphosa

───   15:51 Tue, 12 Oct 2021

NK gesondheidswerkers lewer memorandum aan Ramaphosa | News Article
President Cyril Ramaphosa/Photo: OFM News

'n Memorandum waarin tydelike gesondheidswerkers dreig om gesondheidsdienste in die Noord-Kaap tot stilstand te bring, is tydens die besoek van die ANC President Cyril Ramaphosa aan hom oorhandig.

Gesondheidswerkers sê die R3300 wat hulle maandeliks betaal word is 'n klap in die gesig, en eis permanente aanstelling na werkers in dieselfde sektor reeds in Gauteng permanent aangestel is.

Thabiso Makgoka het die memorandum aan Ramaphosa oorhandig tydens sy besoek aan die Homevale nedersetting.

Hy sê indien Ramaphosa nie self aandag aan die probleem skenk nie sal gesondheidsorg in die Frances Baard en ander streke regoor die provinsie tot stilstand kom.

Die ANC President het erken dienslewering laat veel te wense oor, en het belowe om na die griewe te kyk.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.