On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Reddingspogings by mynongeluk in NK nog nie suksesvol

───   CATHY DLODLO 08:50 Tue, 19 Oct 2021

Reddingspogings by mynongeluk in NK nog nie suksesvol | News Article

Sowat ‘n week nadat myntonnels by die uitgewerkte Nuttaboy-myn in Namakwaland ingetuimel het en vermoedelik verskeie onwettige mynwerkers vasgekeer het, is nog geen vordering met reddingspogings gemaak nie.

Daar is gerugte dat, sedert die ongeluk verlede week Woensdag plaasgevind het, tot tien mynwerkers vermoedelik ondergronds vasgekeer is by dié uitgewerkte diamantmyn van De Beers is in die Komaggas-omgewing. Dit is die tweede soortgelyke ongeluk in die omgewing waartydens die myntonnels inval en mynwerkers vasgekeer is.

In 2012 is tien mynwerkers in ‘n soortgelyke ongeluk dood. Dieselfde reddingspan wat toe by die ramp betrokke was, werk ook nou op dié ongelukstoneel. Delwers wat van oral in die land kom, delf by dié uitgewerkte myne vir diamante en verkoop dit op die swartmark. Hulle het aan die media verduidelik dat, as gevolg van die hoë werkloosheidsyfer in die streek, dit hulle enigste inkomste is om die pot aan die kook te hou. Van hierdie onwettige mynwerkers bly vir lang tydperke in die myngebied en in die tonnels.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.