On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Twee vas ná skietvoorval in Noord-Kaap

───   14:47 Tue, 19 Oct 2021

Twee vas ná skietvoorval in Noord-Kaap | News Article

Ure ná die skietdood van 'n man in Galeshewe buite Kimberley in die Noord-Kaap, het die polisie se Hartswater-blitspatrollie, tesame met die Bloemhof honde-eenheid en ander wetstoepassingsorganisasies, twee verdagtes in hegtenis geneem.

Die verdagtes is vroeg vanoggend deur ooggetuies in 'n silwer Nissan X-trail tydens die skietery - waarin 15 skote afgevuur is - op die toneel gesien.

Daar is ook beslag gelê op 'n 9mm-pistool.

Die polisie se Bashoabile Kale sê die twee verdagtes word aangekla van moord asook die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen en die afvuur van 'n vuurwapen.

Hulle sal na verwagting binnekort in die Galeshewe-landdroshof verskyn.


OFM-nuus/Roderick Titus 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.