On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Vermeende sindikaatlede in hegtenis geneem

───   14:50 Tue, 19 Oct 2021

Vermeende sindikaatlede in hegtenis geneem  | News Article

Die Valke se woordvoerder, Katlego Mogale, sê agt Nigeriese mans wat glo aan 'n internasionale sindikaat behoort, is ná 'n intensiewe ondersoek vroeg Dinsdagoggend in Kaapstad in hegtenis geneem.

Dit volg nadat hulle vermeende slagoffers, wat meestal weduwees en geskeide vrouens insluit, van 'n geraamde R100 miljoen bedrieg het.

Die verdagtes het na bewering sosiale media, aanlyn afsprake, en webwerwe gebruik om met hulle slagoffers kontak te maak.

Mogale sê die verdagtes het na verneem word hul slagoffers geïntimideer en beledig.

Klagte van onder meer sameswering tot bedrog, posbedrog, en geldwassery is teen die agt aanhangig gemaak.

Hul arrestasie maak deel uit van 'n gesamentlike operasie tussen die Amerikaanse Federale Buro vir Ondersoek en die Valke, asook ander gespesialiseerde misdaadvoorkomingseenhede binne die Suid-Afrikaanse Polisie.


OFM-nuus/Roderick Rirus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.