On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Help veg osteoporose met Immunadue

───   10:21 Wed, 20 Oct 2021

Sponsored10:21 Wed, 20 Oct 2021
Help veg osteoporose met Immunadue | News Article

Dis 20 Oktober, Wêreld Osteoporose Dag. Immunadue kan help om die voorkoms van osteoporose aan te spreek deur die kombinasie van ‘n natuurlike immuunversterker, multivitamiene en mineraal, asook ‘n antioksidant…

Meer as 200-miljoen mense regoor die wêreld word geraak deur osteoporose (OP), 'n siektetoestand waar lae beendigtheid daartoe lei dat beenfrakture maklik voorkom. In Suid-Afrika sal een uit drie vroue en een uit vyf mans gedurende hul leeftyd dié siekte ontwikkel.

Osteoporose word dikwels die "stille epidemie" genoem, want dit kan pynloos en sonder enige waarskuwingstekens ontwikkel. Die meeste OP-lyers ontdek eers hulle het die siektetoestand wanneer hulle 'n been breek.

Soos reeds genoem is OP 'n algemene siektetoestand wat gekenmerk word deur lae beenmineraaldigtheid en 'n afname in die kwaliteit van bene. “Osteo” beteken letterlik been en “porose” beteken bros. As jou bene bros en swak raak kan dit lei tot 'n afname in beensterkte wat lei tot heup-, ruggraat- en gewrigsfrakture. Daar is dikwels geen simptome nie totdat komplikasies, in hierdie geval beenfrakture, voorkom. Die risiko tot frakture neem drasties toe namate mens ouer word, nie net as gevolg van lae beendigtheid nie, maar ook as gevolg daarvan dat ouer mense meer geneig is om te val.

Volgens medici is beenfrakture as gevolg van OP ernstige bron van kommer, hoofsaaklik as gevolg van die invloed op 'n persoon se lewenskwaliteit en lewensverwagting. Na raming oorleef 20 tot 24 persent van die pasiënte wat 'n heup gebreek het nie langer as een jaar ná die besering nie.

Soos hierbo genoem, neem beendigtheid af oor tyd. Ons moet besef ons bene is ‘n lewendige entiteit. Daar vind die hele tyd beenmodulering plaas; met ander woorde, been word afgebreek op seker plekke en dan weer gevorm op ander plekke. Osteoklast-selle breek ou been af en verskaf so minerale vir die osteoblast-selle om weer nuwe been te vorm. As jy byvoorbeeld vir watter rede ookal bedlêend raak sal jou osteoklast-selle been aan die bokant van jou been afbreek, sodat die osteoblast-selle aan die onderkant aanbou en versterk omdat daar meer gewig is op die onderste deel van jou been. Jou beendigtheid neem af as die afbreek van been in groter volumes plaasvind as die opbou van been met dieselfde minerale wat vrygestel is met die afbreekproses.

Nou ontstaan die vraag: Wat is die oorsaak vir die beenvorming om minder te wees as die been afbreek? Ons liggaam wil graag op ‘n normale pH vlak funksioneer tussen 7.35-7.45. As jou pH vlak daal, met ander woorde suur raak, kan sekere funksies nie plaasvind nie en kan jou liggaam selfs in skok gaan. Om te keer dat jou liggaam moet funksioneer op ‘n suur vlak het jou liggaam sekere buffers in plek om jou pH vlak weer te normaliseer. Eerstens word suurstof gebruik, vandaar die moegheid wat jy dalk mag ervaar. Tweedens is ‘n alkali nl. kalsium. Omdat jou skelet gesien word as die kalsium ‘reservoir’ van jou liggaam word die kalsium daaruit onttrek. Hormone speel ook ‘n rol; daarom vind OP eers op ‘n hoër ouderdom plaas.

Die kalsium word onttrek wanneer jou osteoclast-selle been afbreek en daar word onder andere kalsium, magnesium en kollageen vrygestel. Die word dan weer gebruik deur die osteoblast-selle om been te vorm. Daardie vry kalsium wat afgebreek is word gebruik om jou suur pH vlak te buffer en te normaliseer. Daarom is daar ‘n tekort aan kalsium om weer dieselfde hoeveelheid been optebou as wat afgebreek is. Dit is die rede vir die verlaging in jou beendigtheid.

Daar is verskeie faktore wat die verlaagde pH vlak veroorsaak wat die oorsaak van OP is. Hierdie faktore sluit die volgende in: as jy aan die bloedgroep A behoort en jy eet te veel diere proteiene; as jy te veel suiker inneem want suiker sit om in suur in jou liggaam; en as jy te veel spanning ervaar.

Die vraag wat nou gevra kan word, is as jy jou diëet aanpas kan dit help om OP te voorkom, maar wat doen jy met spanning? In Immunadue is daar kankerbossie wat GABA bevat. GABA is ‘n senuoordraer wat die gevoel van spanning na jou brein onderdruk. Ook is Immunadue ‘n multivitamiene wat dus al die B-reeks vitamienes bevat wat deur medici aanbeveel word om die uitwerking van spanning op jou liggaam te beperk. Immunadue bevat ook Barley Green, Alfalfa en Aloe Vera wat sal help om jou pH vlakke te alkaliseer.

Sal Immunadue dus help om jou OP aan te spreek? Immunadue het ondermeer ‘n getuienis van die vrou van ‘n baie bekende dokter in Pretoria; haar beendigtheid het positief gedraai ná ‘n jaar met Immunadue. Dit impliseer nie noodwendig dat Immunadue dieselfde effek sal gee aan almal nie, maar dit kan help om die oorsaak van OP te vertraag.

Immunadue is ‘n natuurlike immuunversterker, multivitamiene en mineraal, asook ‘n antioksidant. Dit is ook die produk wat hoog in aanvraag was oor die afgelope 18 jaar. Immunadue is beskikbaar by alle apteke, Dischem en Clicks vir R135 vir 100 kapsules.

Vir meer inligting, besoek immunadue.co.za

Luister na At Lunch se Cyril Viljoen se praatjie met Schalk Mulder, Immunadue se besturende direkteur:

           

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.