On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

VF Plus vra vir ingryping in waterkrisis

───   BLAINE JONES 13:13 Wed, 20 Oct 2021

VF Plus vra vir ingryping in waterkrisis | News Article

Een van die opposisiepartye in die Vrystaatse Wetgewer het 'n skrywe gerig aan die nuwe LUR vir Samewerkende Regering om dringend in te gryp by drie munisipaliteite in die Vrystaat wat 'n waterkrisis beleef.

Die VF Plus het in 'n brief aan die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Mxolisi Dukwana, geëis dat inwoners se reg tot water beskerm moet word. VF Plus-lid, Armand Cloete, sê Matjhabeng, Nala en Masilonyana sal moontlik weer dae lank sonder water wees. Cloete sê munisipaliteite kan nie Sedibeng betaal nie weens uitermatige salarisrekeninge, swak invordering, wanbesteding en onkundige amptenare.

“So, Matjhabeng betaal nie Sedibeng nie, en Sedibeng skuld geld aan Eskom. Die nuwe LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake gaan sy hande vol hê met die situasie en ons is nie heeltemal seker of dit opgelos gaan word nie,” sê Cloete.

“Sedibeng is op sy beurt tegnies bankrot en kan nie bekostig dat munisipaliteite nie betaal nie. Intussen is Eskom kniediep in die moeilikheid,” sê Cloete. Die verval moet gestop word op 1 November wanneer kiesers die geleentheid het, sê Cloete.


OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.