Central SA
Valke vang vermeende dwelmsmous─── 15:08 Fri, 22 Oct 2021
Die Valke het vroeg vanoggend 'n 46-jarige man in die Gasegonyane Munisipale regsgebied in die Noord-Kaap in hegtenis geneem.
Dit het gevolg ná 'n intensiewe operasie in Kuruman. Die verdagte is met onder meer kokaïen asook tik en Mandrax-tablette betrap.
Daar is in die proses ook beslag gelê op verskeie ander vermoedelik gesteelde goedere, wat horlosies en selfone, asook ringe, insluit.
Noord-Kaap Valke-woordvoerder, Nomtandazo Mnisi, sê die geraamde straatwaarde van die dwelms beloop R400 000.
Die verdagte word volgens Mnisi ook in Hillbrow in Johannesburg deur die polisie gesoek, en sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn.
OFM-nuus/Roderick Titus
